Kombuiskaste gemaak van spoorwegdwarslêers (“sleepers”)
Die gasstoof en ooghoogte-oond in netjiese rooshout kaste
Die verligte kaste met glasdeure en latwerk hortjies gee ‘n interessante variasie op die soliede deurtjies. Die kroonlyste aan die bokant rond die kaste mooi af. Die apparaat wat die kosreuke bokant die stoof absorbeer, is aan die onderkant van ‘n hoekkassie aangebring
Kombuiskaste van duursame, sintetiese materiaal (“wraps”) wat ‘n sindelike afwerking gee en maklik is om skoon te hou. Let op die plafonhoogte kruidenierskas wat in die hoek ingebou is en die kassie met silwerkleurige oproldeurtjie waarin die broodbord, broodrooster, ketel, ens gebêre kan word
Die plaashuis-styl kombuiskaste se deure is gemaak van supawood wat wit gesprei is. Die donker gekleurde blad en voetstuk is van gelamineerde saligna
Die plaashuis-styl stoofkas is met ‘n gasstoof en elektriese oond toegerus. Let op die regop speseryelaaitjie en die groot potlaaie
Kastrolle, potte en panne word in die onderste twee groot laaie onder die gasstoof gebêre. Die boonste laai is vir groot lepels, vleismesse en ander kombuisgereedskap wat tydens die kosmaak gebruik word. Die drie bypassende laaie langsaan is ook handige bêreplek. Heel regs is een van die spyserykassies
Kombuiskaste met soliede kiaat deure
Kombuiskaste met deure en laaie gemaak van soliede kiaat om onder ‘n trap in te pas
Kombuiskaste gemaak van eikehout vloerplanke
Kombuiskaste met supawood deure en panele wat wit en grys gespreiverf is
Eiland-tafel met balingahout blad
Dié moderne kopstuk en bedkassies van soliede rooi eikehout. Die kopstuk bestaan uit vierkantige blokke hout wat aanmekaargeheg is en waarvan die grein afwisselend horisontaal en vertikaal loop
Bedkassie en bedlampie van Japannese eikehout
Dié klassieke styl kopstuk is gemaak van Japannese eikehout
Groot spieëlkas van kiaat met laaie en ekstra pakplek langs die kant
Kopstuk van soliede kiaat wat pas by die spieëlkas en bedkassie
Bedkassie van kiaat
Hemelbed van esdoring met laaie aan die voetenend (foto: internet)
Ingeboude mans hangkas van rooshout met vier laaie en baie pak- en hangplek
Ingeboude buffet van rooshout met soliede blad en swewende rakke
Hoekkas gemaak van sintetiese swart kersiehout (melamien) met twee lessenaars weerskante vir kinderkamer.
Linnekas met boekrak en laai gemaak van sintetiese laricina-hout (melamien)
5.3 meter breë boekrakkas van melamien
Badkamer wasbak-hoekkas van soliede rooshout met latwerk hortjiesdeure
Ingeboude boekrak vir studeerkamer met lessenaar. Die rame van die glasdeure is van soliede kiaat
Hierdie boekrakkas is 4 meter lank en 2.4 meter hoog en het baie pakplek. Die rooi eikehout waarvan dit gemaak is, is effens bruinerig gekleur om by die ander meubels in die studeerkamer te pas
Elegante wasbakkas van kiaat
Ingeboude boekrakkas van melamien met wenge-hout afwerking
Wasbakkas met laaie, gemaak van eikehout vloerplanke
‘n Outydse opsit-riempiesbank. Dis ‘n presiese replika van ‘n soortgelyke bankie van toeka se tyd. Hierdie spesifieke bankie is gemaak van spoorwegdwarslêers (“sleepers”)
Namaaksel van ‘n outydse wakis. Die kis is gemaak van geelhout-dakkappe en die hoeke van die kis is met embuia-wiggies versterk
Ronde koffietafel met ‘n metaal skinkbord wat in die blad versink is
Outydse geelhout-rakkie vir ornamente. Let op die knoppe onderaan waaraan ‘n sambreel of hoed opgehang kan word
Sterk en stewig: ‘n tafel- en sitplek kombinasie gemaak van spoorwegdwarslêers (“sleepers”). Ideaal vir die buiteluglewe
Groot wêreldkaart met die hand uitgesaag uit 3 mm laaghout (eikehout-afwerking) wat aangebring is voor in die NG Kerk Wonderboompoort
Muurhorlosie gemaak van tambotie (links) en donker dwarslêerhout (regs)
Kabinet vir plat skerm TV gemaak van kersiehout
Drie van die vyf seksies van ‘n 4.7 meter breë drankkabinet gemaak van beukehout (Makro Wonderboom)
Wynrak van Rhodesiese kiaat
Liasseerkabinet gemaak van soliede kiaat
Drankkabinet gemaak van dwarslêerhout
Model van ‘n klein kerkie wat sitplek vir net twaalf mense het
Twee-sitplek kerkbanke van soliede kiaat
‘n Outydse traporrel (of huisorrel) waarvan nie net die meganiese binnewerke, onder andere die klawers, fluitjies en blaasbalk herstel is nie, maar ook die hout volledig gerestoureer is. Hierdie spesifieke traporrel is ongeveer 130 jaar oud
Geelhouttafel met stinkhoutpote. Die blad is vervang en die tafel gerestoureer
Gerestoureerde eikehout boekrakkas
Juwelekissie van geelhout met ‘n embuia-hout kruis. Dit het ‘n los deksel sonder skarniere.
Geelhout juwelekissie met brons voetstukkies, skarniere en knippie.
Ommuurde Middeleeuse stad met valbrug. Houtblokkies gemaak van harde- en edelhout. Blokkies vir stad: 130 stukke. Muur met valbrug: 75 stukke.
Bou jou eie Middeleeuse stad. Stel van 130 blokkies
Middeleeuse stad. Stel van 60 blokkies
Verf jou blokkies. Boublokkies gemaak van dennehout. Waterbasis verf.
© 2016 - Francois se houtwerk. Proudly developed by Binary Dynamics